Voedselhulp: Koopbewyse word nou ontplooi

Die ontplooiing van ‘n koopbewysstelsel onder die koördinering van die ramprisikobestuursprogram is tans aan die gang. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê ‘n loodsfase in die Oshana-streek het goed gewerk. Die koopbewyse vervang die voedselbank en begunstigdes kan dan na hulle naaste kleinhandelwinkel gaan om kos te koop. Daar is tans 2 276 begunstigdes op die stelsel. Die premier sê die stelsel werk beter omdat dit logistieke kostes, die bewaring van produkte en meer, uitskakel. Van die oorspronklike begroting van 892 miljoen Namibiese dollar is 361,6 miljoen dollar bestee waarvan 307 miljoen dollar aan voedselbystand bestee is.