Gaza: Dood van hulpwerkers lok steeds reaksie uit

Die dood van sewe hulpverlenings-werkers wat Maandag in lugaanvalle in Gaza dood is, word deur Israel se naaste bondgenote veroordeel. Amerikaanse president, Joe Biden, het gesê die sterftes is tragies en Israel doen nie genoeg om burgerlikes te beskerm nie. Britse eerste minister, Rishi Sunak, het aan Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gesê hy is geskok oor die aanval en eis ‘n deursigtige ondersoek. Israel se militêre hoof, luitenant-generaal Herzi Halevi, het gesê die aanval was ‘n fout weens verkeerde identifikasie. Netanyahu het erken dit was ‘n onopsetlike aanval op onskuldige mense.