Vrou sterf na sy kakkerlak-gif drink

‘n 41-jarige vrou van die enkelkwartiere in Mondesa, Swakopmund, het volgens ‘n polisieverslag selfmoord gepleeg deur kakkerlak-gif te drink. Vriende van die oorledene, Natalia Matias, het met haar na die Swakopmund Staatshospitaal gehaas, maar sy is by aankoms dood verklaar. Haar oorskot is tans in die hospitaal se lykshuis en ‘n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Die ondersoek duur voort.