Taai stryd bo-aan Premierskap-punteleer

Sokker: Dis ‘n taai stryd bo-aan die Engelse Premierskapsliga, met net drie punte tussen die top drie spanne. Liverpool is twee punte voor Arsenal, met Manchester City een punt agter hulle. Arsenal speel vanaand teen Luton, en Man City staan voor ‘n moeilike wedstryd teen Aston Villa, wat vierde op die punteleer is en veg om ‘n plek in die Kampioeneliga. City se bestuurder Pep Guardiola sê hulle kan nie bekostig om punte af te staan nie.