Nabta hoogs ongelukkig oor brandstof prysstygings

Plaaslike brandstofpryse het weer gestyg en vele mense is ongelukkig daaroor. Pendapala Nakathingo, die sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie op die stygings gegee. Volgens Nakathingo is die verhoging te veel vir taxibestuurders en hulle kan die kwessie nie net daar laat nie.