Okahandja takel toenemende koperdiefstal

Okahandja gaan gebuk onder koper diefstal. Dit is ook glad nie ‘n plaaslike tendens nie. In Suid-Afrika is dit ‘n massiewe probleem. Dit veroorsaak wel kommer in gemeenskappe. Die diefstalle veroorsaak verder dat die gemeenskappe nie optimaal kan funksioneer nie. Daar was onlangs ‘n  voorval in Okahandja waar ‘n transformer ontplof het weens koperdiefstal. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee gepraat van die inwoners-vereniging op Okahandja, wat sê die dorpsraad is besig om die probleem op te los.