IPC reg om verkiesingsveldtog op te skerp

Met die verkiesing wat op hande is maak politieke partye gereed om verskeie taktieke aan te wend om meer stemme te kry. Die Independent Patriots for Change is geen uitsondering nie en die party se stigter, Panduleni Itula, is bekend daarvoor dat hy deur gemeenskappe stap om reklame te maak vir die party. Die party het reeds verlede jaar Maart sy verkiesingsveldtog geloods en volgens IPC woordvoerder Imms Nashinge gaan dit nie besigheid soos gewoonlik wees nie.