Gobabis se bestuurskomitee maak aantygings van wanbestuur

Twee lede van Gobabis se bestuurskomitee maak aantygings van wanbestuur. Voorsitter Isaak de Beer en raadslid Elvire Theron sê die komitee het ‘n 4 persent salarisverhoging vir personeel van die hand gewys maar die uitvoerende beampte Sophia Eises wil dit implementeer. Theron sê dit sal die munisipaliteit 5,5 miljoen Namibiese dollar kos terwyl NamWater en NamPower meer as 60 miljoen dollar skuld. Sy voeg by hulle het nog nie die kontrak wat met die vakbond onderteken is gesien nie.

De Beer sê die bestuursraad word nie geken in finansiële besluite nie.