Trump sal klimaat-teikens in die wiele ry

‘n Voormalige hoof van die Verenigde Nasies se klimaatsagentskap is bekommerd as die voormalige Amerikaanse president Donald Trump die presidensiële verkiesings later vanjaar wen, sal dit die wêreld se klimaatdoelstellings in gevaar sal stel. Trump het aangedui hy sal president Joe Biden se Inflasieverminderingswet ophef, uit die Parys-ooreenkoms onttrek en die ontginning van olie en gas verder aanmoedig. Patricia Espinosa sê Trump se teenkanting teen klimaatsoptrede sal wêreldwyd ‘n groot uitwerking hê. Amerika is die wêreld se naasgrootste vrysteller van kweekhuisgasse en die grootste uitvoerder van olie en gas.