Amerika vra ondersoek na dood van 7 hulpwerkers in Gaza

Die VSA doen ‘n beroep op ‘n vinnige en onpartydige ondersoek na die dood van sewe personeellede van World Central Kitchen in Gaza in ‘n Israelse lugaanval. Die hulpwerkers is dood toe hulle ‘n pakhuis in Deir al-Balah verlaat het waar hulle voedselhulp afgelaai het. Die slagoffers sluit in, drie Britse burgers, Australiese, Poolse en Palestynse werkers en ‘n Amerikaans-Kanadese burger. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken sê hulle het regstreeks met die Israeliese regering oor die aanval gepraat: