Sam Whitelock tree in Junie af

Die mees ervare All Black van alle tye, Sam Whitelock, tree in Junie aan die einde van die Franse klubseisoen uit. Die veteraan van 153 toetse het na verlede jaar se Wêreldbeker by die Franse Top 14-klub, Pau, aangesluit, nadat sy land in die eindstryd teen Suid-Afrika verloor het. Die 35-jarige het elf titels in die Drienasies en Rugbykampioenskap met Nieu-Seeland gewen en. Hy het die Crusaders in 180 Super-wedstryde verteenwoordig en sewe titels gewen. Die All Blacks beskryf Whitelock as ‘n legende van die spel.