Senegal se Faye stel Sonko aan

Bassirou Diomaye Faye, die opposisiekandidaat van Senegal wat eens in die tronk was, is as die land se vyfde en jongste president ooit ingesweer. Hy het belowe om stabiliteit te herstel en ekonomiese vooruitgang te bring en sy mede-opposisieleier Ousmane Sonke as eerste minister aangestel. Die 44-jarige voormalige belastinginspekteur het die presidentsverkiesing oortuigend gewen, wat groot hoop op verandering in die land van ongeveer 18 miljoen weerspieël het. “Die uitslag van die verkiesing het ’n diep begeerte vir verandering bewys,” het Faye gesê nadat hy die ampseed afgelê het by ’n seremonie wat hy saam met sy twee vroue bygewoon het.