Hulpwerker-sterftes… ‘dit gebeur in oorlog’

Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het erken Israeliese magte het sewe humanitêre hulpwerkers in Gaza in ‘n lugaanval doodgemaak. Netanyahu het gesê: “Dit gebeur in oorlogstyd,” en het dit beskryf as “‘n tragiese geval van ons magte wat onopsetlik onskuldige mense in die Gaza-strook getref het”. Drie van die sewe mense wat vermoor is, was Britse burgers. Brittanje het die Israeliese ambassadeur in Londen ontbied en gesê Israel moet “onmiddellik en dringend ‘n effektiewe meganisme in plek stel om humanitêre toegang op te skaal”. Die Britse minister van buitelandse sake, David Cameron, het gesê die sterftes is “heeltemal onaanvaarbaar”.