Merc is nie bekommerd oor motor nie

Mercedes sê daar is geen groot kommer oor die span se motor se betroubaarheid vorentoe nie. Lewis Hamilton en George Russell se onvermoë om in Australië klaar te maak, het die Formule Een-span vierde gelaat op die vervaardigerspunteleer en 72 punte agter Red Bull, met Ferrari slegs vier punte agter die voorlopers. Mercedes se tegniese direkteur, James Allison, sê ál die fokus is daarop om meer werkverrigting uit die motor te kry: