IPPR bied webinaar aan oor deursigtigheid in ontginningsektor

Met Namibië se olie- en gasvondste, uitbreiding van mynbedrywighede asook groen waterstof-produksie op hande, was daar nog nooit ‘n groter behoefte aan deursigtigheid in die ontginningsektor nie. Die Namibië Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan ‘n webinaar aanbied oor deursigtigheid van die ontginningsbedryf. Die webinaar word in samewerking met die Namibia Media Trust en Deutsche Welle gereël. Belangstellendes kan by info@ippr.org.na registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die instituut se direkteur, Graham Hopwood.