Petrol- en dieselpryse styg om middernag

Die energie-ministerie het die brandstofpryse vir April bekendgemaak. Die petrolprys sal om middernag met N$1,52 per liter styg. Beide dieselgraadpryse sal met 72 sent per liter styg. Die Namport-heffing is met 2 sent verhoog. Die ministerie sê die prysstygings is genoodsaak weens aansienlike onderverhalings in beide die petrol- en dieselpryse. Die Nasionale Energiefonds sal die oorblywende onderverhalings absorbeer. Petrol sal nou in Walvisbaai 22 dollar 30 sent per liter kos. Diesel 50 deeltjies per miljoen sal 21 dollar 77 sent per liter kos, en diesel 10 deeltjies per miljoen gaan jou 21 dollar 97 sent per liter uit die sak jaag.