Kenners bekommerd oor Eskom se tariefverhoging

Kenners is besorg oor Eskom se tariefverhoging van 12,74-persent vir die 2024/25-boekjaar. Die energie-ontleder, Adil Nchabeleng, waarsku die verhoging kan ook ontevredenheid aanwakker voor die verkiesing. Eskom het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika verlede jaar genader om sy aansoek om die kleinhandeltarief en strukturele aanpassings goed te keur wat daarop gemik is om sy finansiële status te versterk. Hy waarsku dat die verhoging die finansiële druk op verbruikers sal verhoog.