Vrystaatse boere pleit vir droogte-verligting

Vrystaatse boere pleit by die regering om die voortgesette droogte tot ‘n ramp te verklaar om verliese tydens die droë seisoen te versag. Die boerderygemeenskap beklemtoon die bedreiging van voedselsekerheid weens die ernstige uitwerking van die droogte. Met stygende verbruikerspryse is boere besorg nog prysverhogings gaan die uitwerking van die droogte vererger. ʼn Woordvoerder van die Departement van Landbou in die provinsie, Zimasa Leputla, bevestig die situasie word geëvalueer.