DRK kry eerste vroulike eerste minister

Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, het Judith Suninwa Tuluka as die eerste vroulike eerste minister aangewys. Dit is ‘n vervulling van sy veldtogbelofte om geslagsgelykheid te bevorder. Tuluku is ʼn voormalige minister van beplanning en aanvaar haar rol te midde van toenemende geweld in die mineraalryke oostelike provinsies. Tuluka het in haar intreerede belowe om vrede en ontwikkelingspogings te prioritiseer, veral in konflikgebiede. Tshisekedi is vir ‘n tweede termyn herkies en het sy verbintenis herhaal om die hoofoorsake van die geweld aan te spreek.