Spider-Lamb vind ‘n liefdevolle tuiste

‘n Mississippi-vrou met talle reddingsdiere het ‘n ongewone nuwe toevoeging tot haar huis verwelkom: ‘n Vyfbeen-lam.

Natalie Renot van Wiggins in die deelstaat, sê die lam, wat sy Spider-Lamb genoem het, was in ‘n baie swak toestand en het maaiers in sy maag gehad toe sy hom van ‘n plaas gered en na die Fur Babies Veeartsenyhospitaal geneem het.

Veeartse het gesê hy het ‘n breukoperasie nodig, maar is reeds besig om te verbeter.

“Hy het beslis ‘n paar abnormaliteite. Hy is dalk nie normaal in vergelyking met ander lammers nie, maar ek dink dat hy ‘n normaal-vir-hom-lewe sal lei.

Hy probeer elke dag meer en meer opstaan om te probeer loop en Renot sê Spider-Lamb sal ‘n permanente tuiste by haar hê, en sy samel fondse in om te help betaal vir sy veearts rekeninge.