Droogtehulp hou konsert vir fondsinsameling

Namibië Boere Droogtehulp se geld is op en boere, wat veral nou gebuk gaan onder erge droogte, kan nie bygestaan word nie. Meer as 200 000 Namibiese dollars is reeds bestee. Henriette le Grange van die organisasie sê hulle werk dringend aan fondsinsameling en die Country-groep West van Suid Afrika sal op 20 April in Windhoek wees. Le Grange het die besonderhede.