Akkerbou: Maak so om produksie te verhoog

Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die invoerrekening vir akkerboubouprodukte gedurende die vierde kwartaal verlede jaar 338,1 miljoen Namibiese dollar beloop, vergeleke met 279,1 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2022. Stimulante, speserye en aromatiese gewasse was die top-ingevoerde produkte ten bedrae van 62,3 miljoen dollar, gevolg deur aartappels met 54,7 miljoen dollar, appels van 30,2 miljoen dollar, groentesaad behalwe beet teen 23,2 miljoen dollar en teeblare van 16,4 miljoen dollar. Byne 92 persent van hierdie produkte is uit Suid-Afrika verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur by Agribank wat spesialiseer in gewasse en pluimvee, gesels oor wat plaaslike boere moet doen om hul produkte op die rakke te kry.