Phaahla stel ondersoek in na gru-busongeluk

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, stel vandag ondersoek in na die vordering van die Limpopo-gesondheidsowerhede met die identifikasie en repatriasie van die slagoffers van ‘n busongeluk. Vyf-en-veertig mense is dood toe ‘n bus op pad van Botswana af na Moria verlede Donderdag in Limpopo in ‘n ongeluk betrokke was. ‘n Woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê ‘n agt-jarige kind, wat ernstig beseer is, was die enigste oorlewende: