Adidas maak ‘Nazi-oopsie’ met Duitse sokkertrui

Adidas het sokkeraanhangers verbied om die Duitse nasionale trui te koop wat met die nommer 44 gepasmaak is, weens kommer dat dit soos die Nazi se SS-simbool lyk. Die Schutz-Staffel, of SS-beskermingspan, was aanspreeklik vir talle misdade teen die mensdom onder Adolf Hitler se Nazi-regime. Adidas het ontken dat die nommer op die trui se ooreenkoms met die Nazi-simbole opsetlik was, en sê as ‘n maatskappy is hulle daartoe verbind om xenofobie, anti-Semitisme, geweld en haat teen te staan. Die nuwe truie is verlede maand bekendgestel voor die Europese sokkerkampioenskap in Duitsland, wat op 14 Junie afskop.