Bestuurders in Oshana gedra hulle mooi oor langnaweek

Die Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê Paasnaweek was relatief stil. Daar is verkeersboetes van 161 000 Namibiese dollar uitgereik en daar was ook voorvalle van dronkbestuur. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.