SA-speaker hoor vandag oor arrestasie

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria hoor of haar dringende hofaansoek, om haar inhegtenisneming te keer, suksesvol was. Sy word daarvan beskuldig dat sy omkoopgeld van miljoene rande van ‘n militêre kontrakteur aanvaar het terwyl sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van bedrog en korrupsie. In haar interdik-aansoek het sy beweer daar was onreëlmatighede in die ondersoek teen haar, en gesê die Ondersoekdirektoraat het haar waardigheid en goeie reputasie ondermyn.