Gmail vier sy 20ste verjaardag

Vandag spog Gmail met ‘n verstommende 1,8 miljard gebruikers regoor die wêreld, maar dit was nie altyd so nie.

Gmail is vir die eerste keer van stapel gestuur op 1 April 2004 en baie mense het oorspronklik gedink die nuwe diens was niks meer as ‘n uitgebreide gekke-dag poets. Destyds is die aankondiging algemeen beskou as te goed om waar te wees.

Gmail het nie net die opsie gebied om baie meer e-posse te stoor as enige ander mededingers nie, maar dit het ook Google se kundigheid in ‘n soektog gebruik om mense te help om deur hul eie e-posse te sorteer.

Toe die webwerf bekendgestel is, het Google egter nie die infrastruktuur gehad om ‘n miljoen mense elk van 1 GB berging te voorsien nie.

Dit het beteken dat die diens gesluit gehou is en toegang slegs tot 2007 op uitnodiging was.

Gmail se diens was destyds so groot dat mense selfs Gmail-uitnodigings op eBay begin verkoop het, met sommige rekeninge wat etlike duisende dollar gehaal het.

Kan jy nog jou eerste epos onthou?

Foto: Verskaf