Ses-jaar-herdenking van Winnie se afsterwe

Die ANC-vroueliga gedenk vandag ses jaar sedert die dood van die struggle-ikoon, Winnie Madikizela-Mandela. Die president van die liga, Sisisi Tolashe, sal die geleentheid met ‘n kranslegging by Fourways Memorial-park lei asook ‘n kers-seremonie en ‘n gebedsdiens in Orlando-Wes, Soweto bywoon. Die woordvoerder van die Vroueliga, Sarah Mokwebo, sê Winnie Mandela was ‘n dapper leier en onwrikbare voorstander van geregtigheid. Sy bly ‘n simbool van krag en bemagtiging vir vroue en onderdruktes; nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld: