Jerry se wet hits haatmisdade teen LGBT aan

Volgens Equal Rights Nambia tel die totale moorde op LGBT-Namibiërs ‘n volle vyf sedert die Nasionale Vergadering verlede jaar in September, die private lid wetsontwerp van Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo aanvaar het. Die wetsontwerp is onder meer om die term “eggenoot” te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van dieselfde-seks huwelike in Namibië te keer. Lede van die gemeenskap is gewaarsku om hul veiligheid te prioritiseer en om versigtig te wees wanneer hulle “dating-apps” gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Omar van Reenen, die stigter van Equal Rights Namibia, wat sê dat die polisie niks aan hierdie haat-misdade doen nie.