ANC-lede moet hand by sit vir hernuwing
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê lede van die party moet onthou hulle is in ‘n stryd om te verseker die party is suksesvol in die verkiesing. Mbalula het by die begrafnis van Keletileng Kelly Mathatha in Soshanguve, Gauteng, gepraat. Mathatha het in Mbalula se kantoor gewerk. Mbalula sê ANC-lede word nou met die moeilike taak van hernuwing gelaat.