Iran sê hy het ook Rusland gewaarsku oor terreur aanval

Iran het Rusland laat weet oor die moontlikheid van ‘n groot “terroriste operasie” op sy grondgebied voor die konsertsaal-slagting naby Moskou verlede maand, sê drie bronne wat vertroud is met die saak. Gewapende mans het op 22 Maart by die Crocus-stadsaal met outomatiese wapens op konsertgangers losgebrand en minstens 144 mense doodgemaak. Die Islamitiese Staat het verantwoordelik vir die aanval opgeëis. Amerika het Rusland ook vooraf gewaarsku teen ‘n waarskynlike Islamitiese aanval, maar Moskou het daardie intelligensie afgemaak. Dit het vrae laat ontstaan het oor die doeltreffendheid van Russiese veiligheidsdienste.