Erongo-ambulanstekort wek groot kommer

Die tekort aan ambulanse in die Erongo-streek wek steeds groot kommer, veral omdat die voertuie normaalweg in noodtoestande gebruik word. Daar word berig dat klinieke en hospitale regoor die streek sukkel met ‘n tekort aan voertuie. Die kwessie is reeds sedert 2022 aangemeld, maar tot op hede was daar geen oplossings nie. Die publiek moet in talle gevalle alternatiewe vind om pasiënte dringend by die hospitaal te kry. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die gesondheid-ministerie, het die tekort aan ambulanse aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy sê hulle doen die beste wat hulle kan met dit wat hulle het.