ActionSA kap ANC oor brandstofverhogings

ActionSA in Gauteng sê hy dink die ANC-regering se besluit om dié week se brandstofstygings slegs ure na die skrapping van e-tol aan te kondig, is twyfelagtig. Die party se premier-kandidaat, Funzi Ngobeni, sê dit lyk asof Gauteng se motoriste steeds die las moet dra. Hy bevraagteken weer hoekom e-tolskuld in ‘n provinsiale kwessie omskep is terwyl Sanral in die eerste plek veronderstel is om aanspreeklik gehou te word vir die oprigting van tolhekke.