Massaskietery in Indianapolis wond 7 kinders
Sewe kinders is gewond in ‘n massaskietery buite ‘n winkelsentrum in Indianapolis in Amerika. Die slagoffers, wat almal tussen 12 en 17 jaar oud is, is laat Saterdagaand buite die stad se Circle Centre Mall beseer. Adjunk-polisiehoof, Tanya Terry sê beamptes wat die gebied gepatrolleer het, het skote gehoor en “‘n groot groep jeugdiges” op die toneel gevind. Die slagoffers is na plaaslike hospitale geneem en is in ‘n stabiele toestand. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.