Verkiesingsbeamptes ‘moet integriteit handhaaf’

Die Namibiese Verkiesingskommissie het verkiesingsbeamptes gemaan om integriteit in die kiesersregistrasieproses te handhaaf. Hulle moet ook aksies vermy wat twyfel kan laat ontstaan oor die geloofwaardigheid van die komende verkiesing. Die voorsitter van die kommissie, dr. Elsie Nghikembua, het die pleidooi gelewer tydens die afsluiting van ‘n 14-dae opleidingsprogram vir verkiesingsbeamptes in Otjiwarongo. Die 156 amptenare is opgelei in verskeie rolle en verantwoordelikhede wat verband hou met die bestuur en toesig van alle prosesse tydens die komende verkiesing.