Bezos se geskiedkundige ruimtereis suksesvol

Die stigter van Amazon, Jeff Bezos, het sy geskiedkundige ruimtereis met sy maatskappy Blue Origin se eerste bemande vlug van die New Shepard-vuurpyl suksesvol voltooi. Hulle het vanmiddag naby Van Horn in die weste van Texas lanseer en weer suksesvol geland. Hy is vergesel deur sy broer Mark, die tagtigjarige lugvaartbaanbreker Wally Funk en ‘n 18-jarige student, Oliver Daemen.