Malaria word uit Angola ingevoer

Joshua Nghipangelwa, direkteur van gesondheid in die Oshikoto-streek, sê hy is bekommerd oor die toenemende gevalle van malaria onder Angolese beeswagters in diens van boere daar. Hy sê die meeste malariagevalle word uit Angola ingevoer. Altesaam 354 malariagevalle en drie sterftes is van Januarie tot 26 Maart aangeteken. Meeste is mans tussen die ouderdomme van 15 en 35 jaar. Hy sê daar is tekorte aan toetsstelle sowel as insekdoder en nette. Hy voeg by dat gemeenskapslede geneig is om inligting oor malariavoorkoming te ignoreer.