Werk aan Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos vorder fluks

Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, in samewerking met ander grensagentskappe, sê bouwerk by die Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos gaan voort. Die eenstop-grenspos is geskeduleer om in Mei vanjaar in werking te tree en sal na verwagting grensbeheerprosedures stroomlyn, opeenhoping en lang wagtye by die grensoorgang verlig. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gee meer inligting.