Monetêre Beleidskomitee hou terugkoopkoers op 8,25%

Die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het eenparig besluit die terugkoopkoers bly onveranderd op 8,25-persent, wat die prima-uitleenkoers bestendig hou op 11,75-persent. Reserwebank-president Lesetja Kganyago noem volgehoue globale inflasiedruk, met inflasie naby die bank se boonste teikenvlak teen 5,6-persent in Februarie. Kganyago sê ekonomiese groeivooruitsigte bly gematig weens beperkings aan die verskaffingskant van die ekonomie, soos elektrisiteitstekorte.