Reën is op pad, sê weerkantoor

Volgens die Namibië Meteorologiese Diens se weervoorspelling vir die res van die week, word reën oor groot dele van die land verwag. Matige tot swaar reënval sal waarskynlik in al die streke voorkom. ‘n Koue front kan ook volgende week verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gepraat.