Krieket Namibië trots op professionalisering van vroue-krieket

Krieket Namibië het geskiedenis gemaak toe spelers in die nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, vir die eerste keer professionele kontrakte toegestaan is. Vir die eerste keer ooit kan die spelers nou hul beroep aandui as “krieketspeler”. Vroue-krieket is aan die groei in Namibië, wat weerspieël word in die Eagles se onlangse deelname aan verskeie toernooie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, wat sy vreugde oor hierdie betekenisvolle ontwikkeling uitgespreek het. Die Capricorn Eagles is tans 17de op die wêreldranglys van Vroue T20I-spanne.