Podewitz luiste mens in die land, sê PDM se Hamata

Arbeidsminister Utoni Nujoma het in die Nasionale Vergadering versoek dat die Diensbillikheidskommissaris, Otniel Podewitz, heraangestel word. Podewitz se termyn loop op 31 Maart ten einde. Die versoek is deur verskeie parlementslede ondersteun. Maar Hidipo Hamata van die PDM het die saak weer aangeroer en voer aan Podewitz is dalk die luiste mens in die land, en moenie weer aangestel word nie.