In Gauteng gaan jy lank wag vir basiese dienste: DA

Die DA in Gauteng sê inwoners wat basiese dienste soos water, elektrisiteit en behuising nodig het, sal lank hiervoor moet wag. Die provinsiale wetgewer het tans ʼn groot agterstand wat klagskrifte oor ʼn gebrek aan dienslewering betref. Dorianne Arendse van die DA sê altesaam 676 klagskrifte is deur die provinsiale wetgewer ontvang en net meer as 300 is afgehandel.