Meer diere op veilings in K4 2023 verkoop, vir minder geld

Die vierde kwartaal van 2023 het ‘n skerp toename gesien wat vee wat op veiling verkoop is teenoor die vorige jaar. Daar is amper 83 000 diere in die tydperk verkoop teenoor net meer as 77 000 in 2022. Hiervan maak bees die meerderheid uit, net meer as 50 000 diere in 2023. Net meer as 24 000 bokke en amper 9 000 skaap is bemark. Vergeleke met 2022 is die syfers hoër behalwe vir skaap. Pryse het vergeleke met 2022 ook gedaal in die vierde kwartaal met amper 20 persent vir bees, amper 14 persent vir bokke en net meer as 9 persent vir skaap.