Slagoffers van kultus-leier Paul Makenzie sal nou begrawe word

Owerhede in Kenia is tans besig om die oorskot van meer as 400 slagoffers van die leier van die Good News-kerk, Paul Makenzie Nthenge, aan familie te besorg. ‘n volgende fase van opgrawings word nou uitgevoer. Irungu Houghton van Amnestie Internasionaal in Kenia sê hulle verwag om nog liggame te vind.