Kartering is uiters belangrik vir doelwitte

Die Nasionale Infrastruktuuratlas 2023 is bekendgestel en het ten doel om basiese ligging-inligting aan groot infrastruktuurontwikkelings in Namibië te verskaf. Die atlas dek verskeie infrastruktuur areas en dien as ‘n gids vir bewysgebaseerde ruimtelike beplanning, wat die regering op alle vlakke ondersteun om infrastruktuur en omgewingsbestuur te verbeter vir maatskaplike welstand. Enrico Bezuidenhoudt, senior geografiese inligtingstelselontleder van die Namibiese Statistieke-agentskap…