Sosiale media-verbod op Florida kinders onder 14

Kinders onder 14 in die Amerikaanse deelstaat Florida sal vanaf volgende jaar nie toegelaat word om sosiale media-rekenings te hê nie, terwyl 14- en 15-jariges ook ouertoestemming sal moet kry voor hulle platforms soos Snapchat en Instagram kan gebruik. Die goewerneur, Ron DeSantis, het die wet onderteken waarvolgens sosiale media-platforms kinders onder 14 se rekenings moet skrap. Platforms wat nie hieraan voldoen nie, sal namens die kinders gedagvaar word. Daar word berig platforms sal na verwagting die wet betwis en sê dit skend die land se Grondwet.