Trump moet swyg – regter

ʼn New Yorkse regter het oudpresident Donald Trump verbied om in aanloop tot sy komende saak oor vermeende omkoopgeld verklarings te maak oor moontlike getuies, aanklaers, hofpersoneel en jurie-lede. Hy mag ook nie ander aansê of voorsê om openbare verklarings te maak oor mense wat by die saak betrokke is nie. Trump word aangekla dat hy sakerekords vervals het wat verband hou met ʼn betaling aan die filmster Stormy Daniels in die dae voor die 2016-verkiesing. Die hofsaak begin op die 15de April.