Vier dae tot SIM-sperdatum
Daar sal nie ‘n verdere uitstel wees van die sperdatum vir SIM-kaartregistrasies nie, het die inligtingsministerie weer beklemtoon. Daar is nog ongeveer 700 000 SIM-kaarte, wat tans as aktief beskou word, wat nog nie geregistreer is nie en die sperdatum is Sondag. Kaarte wat dan nie geregistreer is nie, sal gedeaktiveer word met ‘n 90-dag grasieperiode om nog te registreer en die kaart weer te aktiveer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met MTC se skakelbeampte, Erasmus Nekundi, wat sê hulle het alles moontlik van hulle kant af gedoen.