UPM nader hof om in parlement te bly, maak melding van geld
Die United People’s Movement het vandag ‘n dringende aansoek in die hof voor regter Boas Usiku. Die party poog om die verwydering van sy lede uit die Nasionale Vergadering deur die PDM te syde te stel. Die twee partye het ‘n ooreenkoms in die verband gehad maar die UPM het hom agter onafhanklike kandidaat Ally Angula geskaar wat die PDM genoodsaak het om die stappe te neem. Jan van Wyk van die party haal verskeie bepalings in sy stukke aan, insluitend die oortreding van die Grondwet sowel as finansiële implikasies vir sy party indien hy nie in die parlement sit en betaling daarvoor ontvang nie. Dis saak kom nege-uur voor.